Saturday, July 16, 2016


NIEMAND VERSTAAN DIE VERLIES VAN ‘N GELIEFDE



Die venster vorm n raam rondom die mooiste prentjie wat jy nog ooit sal sien. As jy verby die chocolate bruin houtraam van die venster kyk sien jy ‘n prentjie wat lyk asof dit in sneeuwitjie se verhaal hoort. Groen bome so groen dat dit lyk asof die verf sopas aangewend is, die gras so kraakvars met doudruppels wat op die blare dans.

Die voels en bye sing ‘n duet wat menige kore skaam sal laat word. Die lug so blou en wolke so wit soos was. Die oomblik te helder vir ‘n normale man se siel.
Maar ek sien dit nie raak nie, ek hoor nie die koresang nie. Want al wat in my gedagtes omgaan is die verlange wat my hart laat brand. Die verlange wat soos n vuur uit my kleintoontjie kruip, sy pad deur my ruggraat maak en sy weg baan tot by die laaste haartjie op my kop. Ekt die nektar van ware liefde geproe, net om dit soos n mat onder my voete uitgeruk te he. ‘n Wrede ontnugtering was al wat my uit my greep van die liefde kon ruk.

Want wat anders is dit dan as jy aleen op jou wittebrood moet gaan want jou geliefde is op die oggend van jul troue morsdood gevind in sy kar.

Waneer gaan jy vrede in jou hart vind waneer jy weet jou sielsgenoot is weg,,, vir ewig en vir altyd. Jy sal hom nooit weer sien nie. Nooit weer jo hande deur sy krullerige hare trek nie. Hy sal nooit weer jou hart kan laat stop met een kyk nie. Waarheen gaan jy na jy die nektar van ware liefde geproe het. Niks in hierdie lewe sal daardie soet weer volbring nie. Niks in die wereld sal ooit weer soveel genot vir jou bring nie.
Almal is vol raad en daad, maar niemand weet hoe jy voel nie. Niemand voel die steke in jo hart waneer jy net sy gedagte kry nie, niemand voel die kol op jo maag waneer iemand sy naam se nie,niemand ken die lamgevoel in jou bene waneer jy sy soene onthou nie. En niemand ken die naargevoel op jou krop waneer hulle vir jou se jy moet jou kop hoog hou, die pyn sal weggaan nie.

Niemand verstaan dat elke asemteug wat ek neem voel soos ‘n miljoen warmnaalde wat in my longe gesteek word nie. Elke aanraking aan my vel voel soos n miljoen skerpioene wat oor my hardloop.
Niemand verstaan dat die son my vel brand soos n gloeiende kool. Niemand verstaan dat die donkerte vir my gemak inhou nie want ek kan my oe toemaak en verdwyn in ‘n wereld waar hy nogsteeds is.
Niemand besef dat elke stem wat in my oor gaan my grensloos irriteer nie want dit is nie sy stem nie en sal nooit weer sy stem wees nie.

Niemand besef dat ons liefde so diep was dat die oseaan skoon jaloers was op dit nie.


No comments:

Post a Comment